In die buik van wellus

11143319_418312285014763_295511135416409860_n
Die voorkant van die ontkleeddansersklub, Loose Goose, in Bellville, Kaapstad.

Jacques Myburgh

In Raglanlaan, Bellville, gooi die oranje gloed van die straatligte ’n onheilspellende skynsel op die nat teer. Die Toys R Us winkel oorkant die straat se kameelperd glimlag tartend vir my. Sy oë lyk teleurgesteld en hartseer. Sowat 10 jaar terug was ek die snotneus seuntjie wat in ’n soortgelyke winkel tussen die speelgoedrakke gehardloop het. Vanaand gaan ek die teenpool binne. In die buik van die monster. Waar onskuld lankal vergete is en wellus aan die orde van die dag is.
Dit kos my R100 om by die ontkleeddansersklub, Loose Goose, voorheen bekend as Teazers, in te kom. Die vrou agter die toonbank tel my beskeie R20 note en die vyf R2 muntstukke wat ek uit my beursie omkeer om die volle R100 toegangsfooi te betaal. Haar hare is slordig en pers spatsels op haar wange getuig dat sy geniet om diep in die bottel te kyk. Sy loer vir my oor haar dun brilletjie wat ongemaklik op haar hakneus rus. So asof sy weet dat ek nie in die ponde rol nie.
Die groot swart vensters, wat die ingangportaal van die danslokaal skei, maak seker dat geen roofkykers die dansers kan sien voor hulle nie die toegangsfooi betaal het nie. ’n Lyfwag geklee in swart swaai vir my die deur oop. Kleurvolle ligte dans teen die dak en vloer. Die musiek is polsend en ritmies.
Op die verhoog dans ’n vrou met ’n vietse lyfie. Haar buuste is ontbloot en prominent. Sy het net ’n goue deurtrekkertjie aan. Sy dans met passie en presiesheid om die paal terwyl sy ’n paar elegante draaibewegings gee.
Ek neem my pos in by ’n tafel duskant die verhoog. Ek vra vir die kelnerin hoeveel ’n dubbel brandewyn en Coke my uit die sak gaan jaag. R58 sê sy. Ek vermy oogkontak en bestel maar ’n duursame Black Label teen R20.

11128360_418312011681457_230097058585308530_n
Die binnekant van Loose Goose

Ek vat die eerste teug van die koue bier. Benut elke slukkie en bespied my omgewing. Die klub is stil. Net hier en daar is ʼn tafel beset. In die hoek van die dansbaan sit twee gryskop mans om ʼn ronde tafel met ʼn paal wat na die dak loop. ʼn Blondekop vrou dans en tol poedelnaak om die paal terwyl die twee gryskoppe haar bewegings lustig volg en hul whiskeys in hul keelgatte afgooi.
Kort-kort stap ’n danseres verby my tafel. Hulle kyk na die drankie in my hand en na die klere wat ek aan het – ek dra ’n leerbaadjie met swart noupyp-jeans. Ná hulle analise stap hulle lustig verder na ’n ander prooi wat meer belowend lyk.
’n Mollige swartkop benader my. “Kan ek maar by jou sit?” vra sy in ’n rasper roker stem.
Sy plons langs my neer met haar glas rooiwyn. “Ek is Megan,” sê sy en hou haar hand uit.
Sy kom van Johannesburg en woon al vir nege jaar in die Kaap. Sy is al vir twee jaar ’n danseres by Loose Goose, sê sy trots.
“Wil jy ’n tafeldans hê, of gaan jy net heelaand hier sit en jou bier drink?” Ek knik sonder om ’n woord te sê. Sy wink die kelnerin nader om die dans op my rekening te plaas. ’n Allemintige R450 vir die dans – geld wat ek kon gebruik het om my koskas te vul.

info grafika edit
Sy vra die kelnerin vir ’n lap om die tafel en die paal wat na die dak lei, skoon te maak. Daarna neem sy haar pos in en begin om die paal te tol en te draai. Ek merk ’n klein sny naby haar pubisarea op. Die sny het onlangs gesond geword en dit is duidelik dat ’n huilende baba iewers by die huis lê en wag vir sy ma om terug te kom van die werk af. Sy verwyder haar toppie en begin erotiese posisies op die tafel inneem. Sy sprei haar bene. Vryf oor haar vagina. Later verwyder sy haar broekie ook. Die toneel wat voor my afspeel laat my skaam kry. Hier dans ’n ma van ’n kind voor my. Vir my vermaaklikheid en vir my geld. Geld wat sy heel moontlik gaan gebruik om haar kind te voer en doeke te koop. Ek word nie geprikkel deur haar seksuele bewegings nie. Ek kan voel hoe die skaamte oor my spoel.
Ná die tyd tel sy haar klere op wat rondom die tafel lê. Sy kom sit langs my en trek aan. Sy probeer niksseggende geselsies maak om die ongemaklikheid te breek. Sy vra waar ek vandaan kom, wat ek doen en hoe oud ek is. Ek sê vir haar ek is ’n loodgieter van Kraaifontein. Volledig geklee, verlaat sy my tafel. Ek probeer so opreg as moontlik klink as ek vir haar dankie sê vir haar dienste.

11251902_418312021681456_649313804064635105_n
’n Danseres in aksie

In die hoek van die dansbaan kloek ’n klomp dansers rondom twee jongerige mans. Almal het ’n drankie in die hand. Hulle lag en maak geselsies. Die toneel staan in skrille kontras teenoor die skokverhaal wat ek gehoor het oor ’n soortgelyke dansklub in Kaapstad.
In 2011 het die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ingestel nadat die klub, Mavericks, daarvan beskuldig is dat hulle, hulle dansers se menseregte skend.
Na bewering het die bestuur van die klub toegelaat dat dansers wat menstrueer gedwing word om te dans. Verder was die klub ook daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by mensehandel en buitelandse meisies onwettig laat optree het. Alhoewel die MRK nie genoegsame bewyse kon kry om die aantygings te bewys nie, het van die buitelandse dansers in was die toestande haglike toestande gewoon. Sommige van hulle het op die klub se perseel gewoon. Die hooggeregshof het in 2012 beslis dat Mavericks se permitte om buitelandse dansers te laat optree en huisves, summier afgeskaf moet word. Dit het veroorsaak dat geen van sy buitelandse dansers enigsins meer mag optree nie.
Loose Goose se fasiliteite is relatief skoon en die personeel maak seker dat tafels en die dansbaan skoon is voor ’n danser haarself ontbloot vir haar klante. Buitelandse dansers is ook nie te sien by die klub nie. Die meerderheid is Afrikaans. Dit is duidelik die meisies is verdwaalde siele wat ’n heenkome en ’n inkomste probeer vind. Niemand word met ’n valkoog dopgehou deur een of ander spiertier wat hulle bewegings reguleer nie. Die meisies is vry om te sosialiseer en te dans vir wie hulle wil. Die meeste van die tyd is dit vir iemand wat bereid is om die meeste geld op hulle uit te gee.

’n Man met lang rooi hare en ’n dik snor wink die een danser nader wat kort te vore op die dansbaan gedans het. Hy fluister in haar oor. Sy neem sy hand en neem hom na die boonste vloer waar die privaatdanse plaasvind. Sowat 45 minute kom die twee by die trappe afgestap. Sy gee hom ’n druk en verdwyn terug na ’n tafel waar van haar kollegas sit. Ek vra die man uit oor sy ervaring. Hy lyk skaam en skuldig. “Ek het nie eens ’n horing gekry nie,” sê hy met hartseer in sy stem.

Dit is duidelik dat gebroke harte hierheen kom om van hulle ellendes ontslae te raak. Die gebroke harte voer die monde van die verlore siele wat kop bo water probeer hou.
Die musiek raak stil en die platejoggie op die verhoog kondig aan dat die klub nou gaan toemaak. Die mans staan wiegend in ’n ry by ontvangs. Een-vir-een word die goue kredietkaarte oorhandig aan die hakneus vrou. Ek gee my studente debietkaart. Sy vat dit uit my hand. Die bedrag kom neer op R510. ’n Tafeldans van R450 en drie Black Label biere.
Ek stoot die swaar deur van die klub oop. Die vroeë koue oggendlug ontmoet my gesig. Ek stap na my kar. Links van my staan ’n vodde ou Opel Corsa. Die kar is vol. Van die insittendes se gesigte herken ek. Een van die kroegmanne sit agter die stuur. Agter in die tweedeur karretjie sit vier dansers. Hulle vloek en skel op mekaar. Dis ’n gereelde ritueel vir hulle. Ek maak nie oogkontak nie. Luister net na die kakofonie neffens my.
Ek klim in my kar en vat die N1 terug na Stellenbosch. My palms voel sweterig en kan nie ophou dink aan Megan en haar pienkvoet nie.

11209704_418312225014769_2629019646950712736_n
toeskouers verlustig hul aan die danseres se dans passies
Advertisements

One thought on “In die buik van wellus

  1. En so was ek in die koshuis besig om onderwys te swot, en ‘n mede studente meisiekind het geld soos bossies. Sy word eventueel uit die koshuis geskop omdat sy altyd uitsluip en nooit in klas kan wakkerbly nie. Klomp skinnerbekke vertel later sy het oornag kind gekry. Later sien ek haar eendag in ‘n spogbuurt inkopiesakke in ‘n plat mouter laai. Sy pas net nie – dis tiervel strepe en luiperd kolle en soos Valiant Swart sing…sy dra te veel ‘eye shadow’. Geen teken van die kind nie. Sy gesels toe land en sant en vertel sys ‘n profesionele danser, en dat sy sakkevol geld maak…terwyl sy nog kan. Wat ek onthou vandag was dat sy doodmoeg was, en ‘n helderkloklaggie gehad het. Wonder hoe sou ek voel as ek skielik moet uitvind sys toewel ‘n onderwyseres en staan en gee w=een van my kinders skool…! Wonder of my kind sou konsentreer op skoolwerk.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s